UA-23650780-1
Jul 212011
 

My gunsteling brood resep.

Hierdie is my gunsteling brood resep. Die braai brood is baie maklik om te maak. Geniet hierdie brood veral saam met jou braai.

  • 1x 500g Self raising meel
  • 1x 500ml Karring melk (‘n bier, melk, of water)
  • 1x Pakkie Hearty Beef sop (of enige ander bv. Bruin uie)
  • 1x Eier (nie ‘n moet nie!)

Meng al die droee bestandele. Meng die res saam.

Knie die mengsel vir ten minste 10min. Dit is altyd belangrik om die deeg goed te knie! Jy kan nou die deeg laat rus vir ‘n uur of wat, of jy kan die deeg dadelik dit in ‘n gesmeerde pan sit en bak.

(ek sit dadelik my deeg in ‘n gesmeerde brood pan, en los dit totdat ek reg is om die brood te bak.)

Brood word teen ‘n hoe tempratuur (250 grade vir 20min) gebak.

Verhit eers die oond vooraf. Toets die brood vooraf deur ‘n mes of stok daarin te steek. As hy deeg aan het, dan is hy nog nie gaar nie!

Gooi ‘n nat lap oor die brood terwyl dit afkoel.


 

 Leave a Reply

(required)

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

%d bloggers like this: